Wen R100 in ons Dankie Sê Kompetisie

Vriendelike Dankie Sê Kompetisie!

Nou met die Corona Virus wat amper vir almal so op hol het, het ons so ietsie nodig om ons moraal so bietjie te lig.
My oupa en pa het gewoonlik,wanneer 'n mens af gevoel het, gesê: “Tel jou seëninge, my kind. Tel hulle een vir een...”.
Die liedjie sê ook so... (Miskien kan jy dit luister terwyl jy verder lees?)

Dis ook ons manier om dankie te sê dat u ons borge so ondersteun het deur die jare.

Hoe Werk Die Kompetisie?

Jan-Willem Kuhn en die facebook blad Werk Vir Suid-Afrikaners in Kanada (“Click” hier om 'n foto te sien https://www.facebook.com/pg/Werk-Vir-Suid-Afrikaners-in-Kanada-Noord-Amerika-112701410201325/posts ) saam met die facebook blad Spekvet Spaarvark (https://www.facebook.com/pg/Spekvet-Spaarvark-104156107630328/posts/) borg die kompetisie.
Ons nooi ook ander borge uit om ook donasies te gee wat ons dan by die prys geld kan sit.
Dan dateer ons die borge lys en die prys geld op.

In elkgeval, jy nomineer iemand om die prys te wen. Iemand wat iets vir jou gedoen het en/of iemand wat vir iemand anders iets gedoen het wat jou geïnspireer het. Sien die “replies” op hierdie artikel vir voorbeelde.
In jou nominasie (“post/comment”) vertel jy ons hoekom jy dink die persoon moet die prys wen.

Ons het 3 beoordelaars.
Jan-Willem, Die Facebook gehoor (audience) en die Steemit gehoor.

Die persoon wat die meeste “likes” op facebook kry se Steemit “votes” word ook getel.
Die persoon wat die meeste “Steemit “votes” kry se facebook “likes” word ook getel.
Die persoon wat die tweede meeste “likes” op facebook kry se Steemit “votes” word ook getel.
Die persoon wat die tweede meeste “Steemit “votes” kry se facebook “likes” word ook getel.
So doen ons ook met die persone wat die derde en vierde meeste kry.
Sodat daar 8 mense in ons kwart eind ronde is.
Een “Steemit “vote” is gelyk aan een facebook “like”.

Hulle is ons finaliste.
Jan-Willem gee vir elkeen van die finaliste 'n punt uit 1000 en dan stem die gehoor vir die wenners.
Die nominasie wat dan die meeste “likes” of “votes” kry wen.

Die reëls

Die reëls is op hierdie steem it blad.
Ons behou die reg voor om die reëls te verander.
Enige een kan deelneem.
Jy mag meer as een mens nomineer.
Jy mag vir elkeen stem wat jy voel die prys moet wen.
Jy mag meer as eenkeer stem.
Jy mag ander vra om vir jou nominasie te stem deur jou post op ons facebook blad te “like” of om te “vote” vir jou op hierdie steem it blad.
Jy het vier dae tyd om jou nominasies in te skryf. Sperdatum is Woensdag 25 Maart.
Sit jou nominasie in 'n “reply” op hierdie artikel asseblief.
“resteem” die artikle en vra jou mense om vir jou te stem.
Die R100 is in die vorm van kontant, goud, silwer of Bitcoin. Die wenner se keuse.

Terloops, hou ons blad https://www.facebook.com/pg/Spekvet-Spaarvark-104156107630328/posts/ dop vir nog kometisies en nuwe verwikkelinge.

By Voorbaat Baie Dankie Dat Julle die Goeie Nuus Deel!

H2
H3
H4
3 columns
2 columns
1 column
Join the conversation now