Al was jy ...

Words
117
Reading
1 min
Listen
Play
10y

Al was jy n boemelaar
Sal ek by jou staan
Dis maar klaar

Al was jy n skaapwagter
Kyk net om
Ek is daar agter

Al was jy n straatveer
Ek sal daar wees
Niks sal my keer

Al was jy n busdrywer
Trotser op jou sal jy nie kry
As hierdie eenvoudige skrywer

Al het jy net huise gebou
Sal ek nog steeds saam
Die son se wentels wou aanskou

Nou is jy n boer in murg en been
En ek weet daar is
Baie wat jou bejeen

Daarom my lief sover ek kan
Wil ek jou help
Saam kragte inspan

Om ons droom te bewaar
Ek weet ons kan want
Ons Vader is ook daar.

Al was jy ... | Ecency