Kak praat tyd.

Words
485
Reading
3 min
Listen
Play
7y

Ek voel 'n bietjie swak vandag, nou ek sê nie dit was Eskom nie maar dit is baie toevallig dat al my energie weg is na die onlangse beurtkrag. Alhoewel ek dalk geestelik pap voel kan ek my self troos deur my tiete te voel. Met die wat ek meer oefening doen is hulle baie ferm.

Gelukkig kry ek nie kans of vir te lank Jannie jammer gat te wees nie en kort na lank het ek 'n nuwe gedagte wat by my spook. Soos die feit dat mens gewigsverlies in Suid-Afrika kan bemark as die vermindering van wind weerstand. 'n Mens loop jouself dood in ons dorpe en Malls' en met al die skuim wat jou wil beroof, vermoor en verkrag is dit net logies of gewig te verloor. So dat jy kan fokken hardloop, minder vet is minder weerstand. Maklik.

Ek het gisteraand ook besluit ek wil iets produktief doen en nie net tyd mors aanlyn nie. Dit is toe Eskom besluit hulle sal nie daarvoor staan nie en die krag af skakel. Nou ek verstaan dat die staat nie wil hê mense moet hulle self verbeter en hul lewens vereik nie maar dit was net moetswillig en ongevraag.

Hoe verwag hulle ek moet padgee as hulle die krag afsit sodra ek my drome wil werwesenlik. Dit is kak daai.

Hulle is almal mamparras, die hele land, lelike fraaitjie gevreet paddas. Nie parras nie, 'n parra is delikaat en mooi maar 'n padda is 'n regte poes.


road3227047_1920.jpg


Ek weet dit is 'n mors van asem om aanhoudend oor die hondenaaiers te praat, dit is wel nie 'n probleem as dit verligting bring.

Iets anders wat ek definitief moet aandag gee is die bliksemse mense wat in die winkel kom met hulle kak versoeke. Elke fokken dag is dit die selfde storie, die groot probleem is dat dit my werk is. Natuurlik is die 'n baie meer relevante probleem as Eskom en die ANC se kak.

Hulle loop wel hand in hand, om die een te verander is om iets aan die ander ook te doen. Daar is geen rede vir my om ander werk in hierdie bedorwe land te soek nie. Daar is ook geen sin daarin om te dink dat daar 'n toekoms in hierdie vullishoop is nie. Die enigste toekoms vir Suid Afrika is om uitgewoes te word soos dit nog altyd moes gewees het. So ek moet sekerlik werk met die doel om plasing in 'n anderland te kry en met dit dan ook permanent padgee.

Natuurlik is dit iets wat ek al lankal weet, maar dit is ook nou nie iets wat net gedoen word nie. Tot die oomblik wat 'n mens dit net doen.

Ek dink dit is hoe dit sal wees. Ek gaan stillietjies daaraan werk en dan die dag is die dag wat ek my moer strip en net fokkof.

Dit is hoe ek alles doen.

Kak praat tyd. | Ecency